Konings
8.9
Jong Dolf gaan na sy ouers se dood by die gesin van Jollyboy Roodt, sy pa se voormalige "partner in crime", woon. Jollyboy het twee kinders: Herman, wat Dolf se grootste teëstander word; en Rika, wat baie verlief is op Dolf – al is die liefde van sy lewe Santie, die meisie wat net soos hy aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het. Dolf wy sy hele lewe aan sy droom om ’n winkel te begin "so groot soos ’n rugbyveld, waar jy alles kan koop". Met die hulp van die Roodts en Dolf se vriend, Koos Bensien, word Superspaar gebore. Maar kan Dolf dit regkry om beheer oor sy rykdom te hou, of sal Herman en sy seun Fransie dit uiteindelik regkry om die troon oor te neem. Konings was ook die verhaal van die politieke opkoms en val van die Afrikaner – begin aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945, en eindig in 1990, met Staatspresident F.W. de Klerk se historiese aankondiging dat die ANC en ander weerstandsbewegings ontban gaan word.
Where to Watch Konings
1 Season
Cast of Konings